Noudat Wihan lostrek en regtig begin praat kan ons duidelik sien wie die voorbeeld is wat hy navolg...
Vroeër die week het hy by die skool met 'n kraan gespeel en juffrou sê sy gaan hom looi as sy hom weer by die kraan sien. Wihan se antwoord: "Jy sal my nie sien nie...."
Gisteraand is hy sterk op pad tv kamer toe met sy bord en ek sê hy moet sommer by die tafel sit en eet. Ek bêre die stoeltjies omdat hy hulle gebruik om onder andere op die yskas te klim en daar is toe nou nie 'n stoel by die kas nie. Hy plak sy bord op die kas neer, gaan sit op die grond, strek altwee arms uit en vra "Lyk dit of ek kan by kom? Hoe moet ek so eet?"
Gisteroggend op pad skool toe besluit hy: "Ek gaan nie nou saam ry nie..."
En moenie dink hy kyk sy dvd in die kamer op die klein tv nie. "Ek wil myne hier voor kyk! Ek kan nie sien nie!"
Ek sien 'n baie interessante jaar voor ons met Sussie wat op 6 al hoe slimmer raak en Boeta wat alles na-aap wat sy doen.... Ek dink ek sal moet begin drink!!