Fiefie en Potter

Fiefie en Potter

Monday, 29 April 2013

Ons huis!!

Op pad terug het ons eers tyd gekoop by Jaco-hulle...
 
 
omdat dit is wat vir ons by die huis gewag het!



 
Hierna is ons plaas toe - Dankie Marina en Jan-Hendrik!  Gelukkig was daar darem op die plaas genoeg speelgoed...


 
'n Quad bike wat sussie sommer alleen gery (en gerol!) het...

 
en 'n GROOOOOT agterplaas om in rond te hol...

 
Dankie Tannie Michelle dat ons by julle kon kom kla voor ons "huis" toe is!

 
Ons huis is intussen oorgebou, maar ons het nog nooit "after" foto's geneem nie!!  Go figure.....

Sunday, 31 March 2013

Ballito vakansie Maart 2013


 Franzél het geleer boogy board ry.  Die golwe is so klein en jy kan so diep ingaan dat hulle baie lekker kan ry.

 
Ons woonstel op die strand - gaan volgende jaar weer terug soontoe. 



Ons eie strandjie.  Hier was dit laagwater.  Hoogwater is die poel darem aansienlik groter!
 

 
My meermin.  Sy geniet die see ongelooflik baie.

 
Boeta geniet die rotse die meeste!
 

 
Ons woonstelblok.  Lyk of hy in die helfte afgesny is.  Ons bly in die een met die afdak.

 
 

 
Boeta raak uiteindelik mak.  Hierdie was natuurlik die tweede laaste dag!  Hopelik is hy volgende jaar van die begin af lus om te swem!


 
Ons eie tuintjie en uitsig.

 
Boeta het besluit die koffietafel moet saam huis toe...  En nee ons kon hom nie in kry nie!

 
My liefies.

 
Waterberry coffee shop se tuine.  Dit is 'n baie lekker plek.  Wihan het vir die kinders vertel dis waar die drake woon so ja ek het die hele pad so gestap!

 
En hy het natuurlik sy deel bygedra!  Hy is die een wat dit veroorsaak het...


Saturday, 9 February 2013

Franzél word 6!

 
Wakker gesing deur Mamma, Pappa, Ouma, Tannie Michelle en Boeta.
 
 
Geskenkies oopmaak. 


Pappa moet eers kyk hoe maklik dit kan breek!
 

 
Ouma Santie

 
Oupa Japie

 
Tannie Rene

 
En Natuurlik oom Jaco!

 
Nicole, Nishka, Ansole en Franzél

 
Wijon weet net waar om sy aandag te fokus!

 
Amper het ons glybaan nie opgedaag nie, maar Pappa en oom WJ red die dag!

 
Alé

 
Melissa is slim en kry haar eie swembad!

 
Sneeuwitjie koek - lyk aansienlik beter as laas jaar se "cake wreck!"






 
Beste maatjies al vir amper ses jaar.

 
Wie het nou stoele en tafels nodig...

 
Kuier vir oulaas onder ons akkerboom wat intussen gevrek het!  Waar party ons volgende jaar??

 
Morsdoodmoeg en tyd om die dag se speel af te was.