Fiefie en Potter
Friday, 11 October 2013
Friday, 13 September 2013
Saturday, 22 June 2013
Tuesday, 18 June 2013
Tuesday, 21 May 2013
Monday, 29 April 2013
Ons huis!!
Op pad terug het ons eers tyd gekoop by Jaco-hulle...
omdat dit is wat vir ons by die huis gewag het!
Hierna is ons plaas toe - Dankie Marina en Jan-Hendrik! Gelukkig was daar darem op die plaas genoeg speelgoed...
'n Quad bike wat sussie sommer alleen gery (en gerol!) het...
en 'n GROOOOOT agterplaas om in rond te hol...
Dankie Tannie Michelle dat ons by julle kon kom kla voor ons "huis" toe is!
Ons huis is intussen oorgebou, maar ons het nog nooit "after" foto's geneem nie!! Go figure.....
Sunday, 31 March 2013
Ballito vakansie Maart 2013
Franzél het geleer boogy board ry. Die golwe is so klein en jy kan so diep ingaan dat hulle baie lekker kan ry.
Ons woonstel op die strand - gaan volgende jaar weer terug soontoe.
Ons eie strandjie. Hier was dit laagwater. Hoogwater is die poel darem aansienlik groter!
My meermin. Sy geniet die see ongelooflik baie.
Boeta geniet die rotse die meeste!
Ons woonstelblok. Lyk of hy in die helfte afgesny is. Ons bly in die een met die afdak.
Boeta raak uiteindelik mak. Hierdie was natuurlik die tweede laaste dag! Hopelik is hy volgende jaar van die begin af lus om te swem!
Ons eie tuintjie en uitsig.
Boeta het besluit die koffietafel moet saam huis toe... En nee ons kon hom nie in kry nie!
My liefies.
Waterberry coffee shop se tuine. Dit is 'n baie lekker plek. Wihan het vir die kinders vertel dis waar die drake woon so ja ek het die hele pad so gestap!
En hy het natuurlik sy deel bygedra! Hy is die een wat dit veroorsaak het...
Subscribe to:
Posts (Atom)



















