Ek haat (HAAT) hierdie tyd van die jaar. Franzél doen nie die nuwe juffrou en nuwe klas ding nie. Sy is elke oggend histeries as ek haar aflaai. Klou aan my vas, hardloop agter my aan. Ek het al belonings probeer, getroos, probeer rondstaan tot sy kalmeer, een keer die onderwyseres aangevat omdat ek gedink het sy veroorsaak dit, my humeur verloor, gedreig, gesê die maatjies gaan vir haar lag, want net sy huil...... Niks werk nie! Sy vat net eenvoudig 'n maand om by 'n nuwe klas aan te pas en dit beteken dat ek haar elke jaar op haar verjaarsdag met 'n skinkbord vol koek, 'n boks vol party-packs in trane, histeries by die skool aflaai..... Ek weet dit is nie die juffrou nie, want sy is dierbaar en my kind is die enigste een uit 26 uit wat so reageer... Ek weet nie meer wat om te doen nie!!! Iemand het vandag gesê ek moet in die oggend voor ek loop vir haar my hangertjie gee om aan te sit en hom elke middag weer by haar kry. Sy werk haarself so op dat sy fisies siek word, nagmerries kry en bitter moeilik en huilerig is oor die algemeen. Ek wil haar na 'n spelterapeut toe vat, maar hier is nie 'n enkele een in die dorp nie.....
Wihan het pens en pootjies in ons bed opgeëindig. Nadat ek hom tot twaalf keer op 'n nag moes terug vat na sy bed toe en hy net eenvoudig weer agter my aangeloop het (selfs na 'n paar houe op sy doek) het ek opgegee. Nou slaap hy die hele nag onder my ingewurn met sy arm en been oor my gevou en as ek beweeg huil hy! Intussen maak hy soos 'n goudvis op droeë land in my oor die hele nag lank!! Hy praat al hoe meer - net nie waar enige iemand anders hom kan hoor nie. Sê al "ag nee" met die handjies in die lug, "kietie", "kyk daar", "uit" vir die hond, "loop!" vir sussie.
Intussen is ek besiger as wat ek nog ooit was - werk vir 'n baas, werk vir myself en probeer dan nog die helfte van die dag by die kinders wees en tussendeur kosmaak en die huis aan die gang en almal se pensies vol hou... Dit is 23 Januarie en ek is moeg!!! Nie eers die vakansie wat voorlê hou troos in nie, want ek weet nie hoe ek ooit op datum gaan wees om die twee weke af te vat nie en ek weet ek gaan net eenvoudig in 'n nog kleiner bed opeindig met die goudvis aan my sy!!!
Dan is dit nog registrasievorms voltooi en registrasiegelde betaal (!!!??? Twee kinders se ekstra aktiwiteite is nie 'n goedkoop grappie nie!) en sussie se partytjie reël en Woensdag is atletiek en en en..... Zellie doen die jaar swem (winter gimnastiek), playball, kinderkinetika, beat buddies (dans), mini maestros (musiek), english wise en mickey maths. Wihan doen playball, kinderkinetika en mini maestros. Hy kan September begin swem. Volgende jaar doen hulle altwee alles en dan gaan dinge interessant wees! Gelukkig gaan sussie die jaar daarop skool toe - met alles wat daarmee saam gaan!!
Mag Februarie aansienlik rustiger wees!!