Jy weet, die soort wat in die winkel is met kinders wat buite beheer is, haar ignoreer en jou laat wonder hoe die Goeie Vader ooit vir haar twee kosbare bloedjies kon gee terwyl daar soveel ma's is wat graag kinders wil hê en sal weet hoe om hulle te dissiplineer.... Wel, dit was gister ek.
Wihan wil met alle mag self in die winkel loop. En dan loop hy reguit na die rak toe met die glas medisynebottels en begin afpak terwyl Zellie 'n maatjie raakloop en hulle twee net daar jagertjie tussen die rakke begin speel en luidkeels skreeu. Op pad na die kasregister met 'n skoppende skreeuende Wihan op die heup terwyl ek drie sakke medisyne (dan drug ek hulle ook nog!!) in my ander hand balanseer en probeer keer dat Wihan dit in die hande kry en stukkend smyt hoor ek Zellie skaterlag, draai om en sien hoe sy die mense na hartelus met badsponse gooi......
Heel verleë sê ek toe ons uiteindelik voor kom vir die persoon agter my wat geamuseerd staar na Zellie wat elke sjokelade op die rak probeer om te kyk of ek weer gaan nee sê en Wihan wat alles afgooi en kliphard lag - "Hierdie is 'n moeilike ouderdom - hulle verstaan nog nie nee nie." En haar antwoord - "hulle verstaan baie goed." Dus weet ek duidelik net nie hoe om die boodskap oor te dra na my kosbare krosie nie!!
Agterna in Spar het Wihan die brood ses keer uit die trollie uit gegooi, Zellie het op sy hand getrap, hy het blou moord geskreeu, Zellie het geskreeu omdat sy nie die strokie mag teken nie en wine gums in die trollie ingesmokkel (HOE?).
Ek weet nie of die mense wat my agterna gestaar het na my gekyk het met simpatie of verwyt in hulle oë nie...
So een keer 'n maand sweer ek hulle gaan nooit weer saam met my dorp toe nie. Dit hou gewoonlik so twee dae en dan het ek geen keuse nie!