Wihan het Sago poeding ontdek en dink dit is die lekkerste goed wat hy in sy lewe nog geëet het. Gisteraand haal ek die bak uit die yskas uit en hy kom onmiddelik aangestorm en begin "uh-uh-uh en vingertjie wys). Toe ek die bak in die mikrogolf sit dink hy seker dit is nou vir altyd weg, val op sy ruggie neer (saggies! sit eers op die boudjies en gaan lê dan) en skreeu verdrietig. Spring op, stamp die voetjies en hop op en af. Dis net trane en bloedrooi wange, want hy gaan nooit ooit weer van daai poeding kry nie!
Gelukkig het ek en ouma 'n resep uitgewerk wat maklik en vinnig is. Dit sal dan seker stapelvoedsel in ons huis word!