Vrydagoggend is Pappa Pretoria toe met die bakkie om voorraad te gaan haal. Met die stakings sukkel hulle om voorraad deur te kry en almal help waar hulle kan. Toe Franzél daai bokwa van 'n bakkie sien is daar nie 'n manier wat sy skool toe gaan en Pappa los om al die pret te hê nie. Op die ou einde is sy met haar blommetjie hoed, "cape" en serp voor in die bokwa weg Pretoria toe! Eers bietjie by Ouma Santie gaan kuier en toe die res van die dag saam met Pappa rondgery. Om te sê sy was die aand doodmoeg teen die tyd wat sy by die huis gekom het is lig gestel!
Saterdag loop ons in die "mall" en skielik sê sy uit die bloute uit: "Weet jy wat is my pienk Mamma se naam? My pienk Mamma is Ouma Santie." Uiteindelik het die Pienk Mamma wat vir haar alles gee wat sy wil hê en waar alles moontlik is 'n naam! Wat 'n kompliment vir Ouma Santie!