Fiefie en Potter

Fiefie en Potter

Friday, 21 October 2011

Dankie vir die kuier, hoor

Gisteraand kom 'n wildvreemde agent na ons huis om die aanbod te teken (hy het nog nie kinders nie!) en die volgende gebeur:

Zellie kruip 'n paar keer tussen sy bene deur net om hom te laat weet hy's baie welkom in ons huis (dink kat wat skuur!).  Sy het dit terloops al met my baas ook gedoen! 
Zellie:  "Het jy bietjie hier by ons kom kuier?"
Agent:  "Ja, ek kuier mos nou bietjie hier by julle."  (Duidelik ongemaklik!)
Zellie:  "Ons is baie bly dat jy vir ons kom kuier het.  Sit."

Wihan het op die slaapbank geklim en in sy eetstoeltjie geklim van daar af sodat hy sy jelly tots in 'n stoel kan eet.  Hy is per slot van sake nie 'n barbaar wat op die mat sit en eet nie...

Uiteindelik klaar tussen Wihan wat Otto vir die hond probeer voer, Zellie wat by ons by die tafel kom sit en meer gesĂȘ kry as enige iemand anders en so omtrent nege vloermoere deur Wi omdat niemand hom wil optel nie en hy heeltemal alleen op die aardbol is, is die agent uiteindelik op pad uit.

Zellie:  "Het jy klaar by ons gekuier?"
Agent:  "Ja, ek gaan nou huis toe."
Zellie:  "Ons is bly dat jy by ons kom kuier het.  Jy moet nou vinnig huis toe ry, anders word dit donker en dan word dit weer lig en dan het jy nie gedoedoe nie en dan gaan jy vreeslik vaak wees."  (Met die nodige pruilmondjie, skewe koppie en simpatieke ogies..."