Gesprek in die kar op pad huis toe gister middag:
Zellie: "Mamma, my maatjies sê ek sing nie mooi nie."
Mamma: "Sê vir hulle jy sing vir jou Mamma en Pappa en Ouma en Oupa en Boetie baie mooi."
Ek sit die radio bietjie harder vir 'n lekker liedjie. Wihan het die manier om saam te sing, met sy "huh-huh-huh" beweeg die koppie, klap handjies elke ding.
Mamma: "Mooi, Wiwi, jy sing so mooi."
Zellie: "Hy sing nie vir my mooi nie."
Mamma: "Hy sing vir Mamma mooi. Mens mag nie sê iemand anders sing lelik nie."
Zellie: "Nee, hy hoef nie perfek te sing nie, maar ek kan hoor hy gee nie sy beste nie."
(Baie jammer om te sê, maar huh-huh IS nie net sy beste nie, dis sy ENIGSTE!)
Vanoggend kom klim sy half ses by my in die bed, sommer al klaar huilerig, want Pappa is heel week nie hier nie:
Zellie: "Mamma, ek is vreeslik baie lief vir jou, maar ek wil nou net my Pappa hê..."
Wihan is blykbaar klaar met die kot. As jy die oggend in die kamer kom en jou kind se bene steek uit waar hy die kot se hele naat oopgeskop het, is dit tyd vir die groot bed!