Mannetjie het gisteraand uit die bad uit geval. Die groot, hoë bad wat nog op 'n ekstra muurtjie gebou is ook!! Ek en Pappa was altwee daar en het gesien wat gebeur, maar was net te ver om te keer. Hy het op sussie se bene gestaan en agter 'n speelding aan geduik wat hy oor die bad se rand gegooi het. Hy het eers op sy maag geval en toe vol op sy gesig. (Gelukkig nie direk op sy gesig nie, want dit sou steke gewees het.) Daar was baie bloed - neusie en in die mond ook. Op daardie stadium het dit gelyk of die neus se bloed in die mond is. Ek het ys opgesit en ons is Spur toe vir ons agtste huweliksherdenking. Hy het heerlik gespeel en geëet en die mondjie was effens geswel. Neusie het nog bietjie gebloei.
Vanoggend staan die hele gesiggie geswel. Kan nie sy mondjie toemaak nie en die tandvleis teen die lip is pikswart en geswel van een kant van die mond tot aan die ander kant. Die tandjies voel almal vas en ek kan nie sien dat dit stukkend is nie, maar dit moet vreeslik seer wees. Ons het vanilla buite gesmeer vir swelling en mondsalf binne in.
Ons het altyd gespot ons gaan nie sy tweede verjaarsdag sonder steke haal nie. Dit was nou amper so, maar darem nog nie. Nog net 9 weke vas byt!!