Ek probeer die laaste tyd vir Sussie leer hoe om met grootmense te praat. Luister wat hulle sê en antwoord wat hulle vra. Moenie net aanhou praat en praat nie, gesels met hulle. Sy't die manier om haar hele geskiedenis vir 'n vreemde persoon af te rammel en dit is nogal bietjie oorweldigend vir die arme oom of tannie wat gevra het wat haar naam is!!
Gister in Woolworths is daar 'n tannie voor ons in die ry en sy begin eers met Boeta speel (hy het 'n bottel handseep van die rak af gevat in Woolworths en agter sy rug in die stroller weggesteek - gelukkig het ons dit gesien!) en toe met Sussie gesels:
Tannie: "Wat is jou naam?"
Sussie: "Franzél Botha''
Tannie: ''Hoe oud is jy?''
Sussie: ''Vyf jaar oud. My boetie is Wihan Botha, hy is een jaar oud."
Tannie: "Gaan jy skool toe?''
Sussie: "Ja. Ek is in G****** en my juffrou is S*****.''
Tannie: "Waar bly jy?'
Sussie: ''Ek bly in M******straat."
Tannie: "Jy moet mooi soet wees hoor. Tatta."
Sussie: "Jy moet 'n lekker daggie hê. Tatta."
Baie oulik.
Gisteraand gesels ons twee:
Mamma: ''Ek was so trots op jou toe jy so mooi met die Tannie gesels het by die winkel."
Sussie: "Wat het ek gesê?"
Mamma: "Jy't mooi geluister wat sy vra en haar geantwoord en haar mooi gegroet toe sy jou groet."
Sussie: "Ja, en ek het nie eers vir haar gesê ek gaan jou doodmaak, of ek gaan jou met 'n mes steek of ek gaan jou skiet nie."
(Nou is ek eers trots op jou. Ek het nie besef dit is wat deur jou gedagtes gaan nie!) Of is dit nou sarkasme - Mamma is seker trots omdat ek nie gesê het wat ek altyd sê nie?? Ek is mos 'n barbaar...
Boeta het ons hierdie naweek twee keer verstom. Eers kyk ons The Beaver van Mel Gibson. Dit gaan oor 'n man wat so erg aan depressie lei dat hy heeltemal ophou om met mense te praat en net deur 'n "hand-puppet'' met mense praat heeltemal met 'n ander stem.
Ons kyk die fliek en Boeta is besig om die huis af te breek soos altyd. Die volgende kom hy ingestap met sussie se "hand-puppet" oor sy handjie, kom sit tussen my en Pappa, druk die pop in Pappa se gesig en gesels. Ons besluit niemand sal ons in elk geval glo nie.
Saterdagaand speel Francois-hulle met die Wii Tennis. Boetie staan eers en maak of hy ook slaan soos hulle, storm uit en kom terug gestap met die tennis-raket. Hy sien mos die mannetjies op die tv slaan die bal met hierdie ding!
My slim seuntjie, stil seuntjie! Wens net hy wil homself wees by die skool. Hy het soveel potensiaal, maar kies om glad nie betrokke te wees nie... Maar meer daaroor bietjie later. Ek moet eers besluit hoe ek nou eintlik daaroor voel...