Dit is so lekker om tyd te hê om "play-dates" te reël met die kinders se maatjies. Interessant om te hoor waaroor hulle gesels en hoe hulle speel. Ek kan vir ure net sit en luister!
Mamma: "Speel julle lekker?"
Sussie: "Ja. Ek is die Mamma met my mooi rokkie en hangertjie."
W: Ek is die dogtertjie hond met 'n strikkie in my hare en hartjie nekband."
Mamma: "En wat is Wihan? Hy sit ewe kiertsregop tussen hulle op die mat."
Sussie: "Wihan is eintlik niks nie. Hy speel nie regtig saam nie. Hy sit net daar, omdat jy met my gaan raas as ek hom wegjaag..."

Boeta is tog so opgewonde as daar die slag 'n nuwe gesiggie is om mee te speel.
En alles moet saam gedoen word. Hulle kan mos nie sonder hom skoppelmaai nie!
Geen groter vreugde as gesigverf nie. Zellie wou eers 'n kat wees en toe ek halfpad is 'n nar. So sy is 'n knar as iemand wonder! W is 'n muis en N is 'n skoenlapper.
En toe Boeta wakker word en besef hulle is geverf en nie hy nie, was dit oorlog!! Kyk hoe deur die weer is hy nog, maar die gesig is klaar geverf!
Geen lekkerder speelplek as 'n hoop grond nie.
En natuurlik mag niemand swaai as Boeta nie swaai nie!!