Ek was omtrent lanklaas hier! Kan nie glo die tyd gaan so vinnig verby nie. Ek sien ek het nogsteeds nie Boeta se partytjie foto's opgesit nie en ons was intussen 'n naweek in Marloth Park. Ek sal dit iewers doen - belowe! Vir nou wil ek net eers onlangse sêgoed opsit voordat ek weer vergeet. Ek vergeet so baie goed en dis hartseer.
So 'n rukkie terug was ons in Spar waar 'n vrou gestoei het met drie woelige, raserige, besige seuns wat na geen woord wou luister wat sy sê nie. En natuurlik het my vyfjarige snip besluit om vir haar te sê: "Tannie, jou kinders is onmoontlik stout!" Nie net my presiese woorde nie, maar tot die stemtoon was perfek ek!
Van laas week af het ons skielik besluit ons wil nie meer skool toe gaan nie, want ons wil by Joyce bly. Sy was die hele skoolvakansie by Joyce en die grootste deel van laas week weer omdat sy siek was. Sy moes ontdek het dit is baie lekkerder by die huis as by die skool. Maar die redes waarom sy nie wil skool toe gaan nie en waarom sy huil is die beste. Toe sy ontdek "juffrou S is kwaai en sy raas en slaan ons" gaan nie vrugte afwerp nie het sy die volgende probeer:
Vrydag: "Ek wil nie skool toe gaan nie, want daar gaan snoepie wees en ek wil nie so baie sweets eet nie, want dit maak my keeltjie weer van voor af seer." (En moenie dink om vir haar te sê sy moet dit dan maar in haar tas sit en huis toe bring vir boetie werk nie!)
Roll on Maandag en" "Ek wil huis toe gaan, want hier is koek by die skool en ek wil nie koek eet nie!"
(Really, seriously??) En ek hoop ek ken die oorsaak, want kortisoon het nog altyd met haar koppie gesmokkel. Ek onthou hoe sy teen omtrent 2 jaar gehuil het oor absoluut alles enkele minute na sy die medisyne gedrink het. Dankie tog sy't die laastes vanoggend in. Roll on beter oggende! Dink net aan die teleurstelling as ons more oggend weer deur presies dieselfde gaan!!!
Boeta probeer alles sê wat sussie sê. Tamatie is 'n nuwe gunsteling. Hy sê dit met so frommelneusie en die laaste "tie" op so 'n hoë nootjie! Opvreetbaar. En wanneer hy nou sien ek is kwaad vir hom of hy gaan raas kry sê hy dadelik "tamatie!" Slim, baie slim! Gisteraand het hy tot krokkedil gesê toe sussie hom vra.
Ons was die naweek in Ermelo en Franzél het sommer dadelik verantwoordelikheid vir Melissa aanvaar. In die video winkel speel hulle almal in 'n klein huisie. Ons sê ons gaan loop en sy storm om vir Melissa uit die huisie uit te haal, want "hulle gaan vir jou wegloop." Loer by die huisie in, sien dis Boetie, kyk rond en sien Melissa - "o, daar's jy!" en hol dood gelukkig deur toe. Maar Boetie sit nogsteeds in die huisie!!
By die bazaar reken sy vir Melissa ewe vingertjie in die lug: "Ek dink jy moet nou 'n bietjie daar na hulle toe gaan!"
En toe ons Melissa by die veiling verloor en begin soek, kom Franzél van doer anderkant af aangestap met haar aan die hand!!
Wens net sy was so 'n goeie baby sitter vir boetie, ne!