Hierdie laaste week is verskriklik met altwee kinders! Wihan is siek - alweer. Wihan is op antibiotika - alweer. Wihan huil oor alles - alweer.
Franzél tjop af omdat hy al die aandag kry en dan begin sy ongelooflik emosioneel raak en H U I L O O R A L L E S.... En ek meen ALLES! Gistermiddag by die skool gehuil omdat ek haar kom haal en nie Pappa nie. By die dokter gehuil omdat boetie dokter toe gaan en nie sy nie. By die huis gehuil omdat Pappa die hond geslaan het. Gehuil omdat die hond haar 'gebyt' het. Gehuil omdat sy nog nie kos gekry het nie. Gehuil omdat ek gesê het sy moet haar kos eet. Gehuil omdat sy raas gekry het omdat sy nie haar kos geëet het nie. Gehuil omdat boetie aan haar gesig gevat het (hy't my geslaan, Mamma whaaaaaaaaa!) En ek meen hartverskeurend, snot-en-trane, ugly cry huil. Die gesiggie trek so, dit lyk of sy van rubber gemaak is. Ek moet nog 'n foto neem! Dan probeer ek haar kry om te lag en dan huil sy eers. En dan lag sy bietjie en dan huil sy nog harder! Ek was naderhand lus en begin loop en draai nooit ooit weer om nie!
Vanoggend probeer ek nou regtig my bes om nie die kraantjie oop te draai nie. As sy eers begin het is daar nie einde nie! Besig om haar hare te vleg het ons die volgende gesprek:
Franzél: "Eiiiinnnnnaaaaaa, jy maak my seer, kyk hoe loop my trane nou."
Mamma: (Dink, net nie trane nie, net nie trane nie, net nie die flippin trane nie.) Sê: "Toemaar my skapie. More gaan ons jou haartjies sny en die tannies gaan dit was en droog blaas en dan gaan dit baie makliker kam."
Franzél: "En hulle gaan dit kleur ook."
Mamma: "Nee, net Mammas kleur hare."
Franzél: "Whaaaaaaa....... maar ek hou van Pienk hare. Ek wil so bitter graag pienk hare hê!!!!! Hoekom mag ek nie eers pienk hare hê nie??!!!"
Mamma: "Het jy al ooit 'n dogtertjie gesien met pienk hare"
Franzél: "Nee. Hoekom mag ek nie die eerste ou enetjie wees nie!!!!???? Whaaaa....."
Grrrrrrrrrrrrrrrrrr. En toe kry sy koud en toe is daar nie 'n pleister vir haar eina nie en toe vat Wihan haar snoepiegeld en toe is ons in trane skool toe en toe hardloop sy vir die derde keer hierdie week agter my aan toe ek by die klas se deur uit stap... (Ja, in TRANE!)
Hulle sê jou dogtertjie op 5 is jou dogter op 16. Dit behoort heel goed uit te werk. Sy gaan te besig wees om te huil om haar te steur aan seuns, dwelms, drank .........
Ek moet net hierdie naweek tyd maak vir iets spesiaals saam met haar doen. Dit is nie normaal nie. Kan nie wees nie!