Franzél: "Maar, Mamma, het jy geweet **** het gister by die skool chilli sous gekry?"
Mamma: "Hoekom?"
Franzél: "Want hy het vir ons gesê sy pa het vir hom gesê hy gaan hom dood b*sem....."
Eina... Wonder hoeveel kinders het gisteraand met die storie by die huis aangekom!!
Dit is lekker as mens sien iets wat jy in hulle koppies probeer inprent het, het gewerk. Ek sit al vir haar 'n hoed in skool toe en smeer sonroom vandat sy kon loop. Meestal het sy hom op as ek by die skool kom, partykeer vergeet sy. Vandag het hulle weer begin swem. Op pad by die deur uit met haar sak vra sy ek moet asb haar hoed onthou en vir haar sonroom in haar sak sit sodat sy weer kan aansmeer as sy klaar geswem het. Want, "Dis nou lente en ek wil nie hê my neusie moet bloedrooi brand nie..."
Ons is 'n treë nader aan ons doel. So ver gebeur die dinge teen 'n behoorlike spoed. Hopelik is dit 'n teken dat ons die regte ding doen en dat ons almal uiteindelik daarby sal baat.