Franzél het skielik die manier ontdek om te sê J...em as iets baie cool of groot of wat ookal is.
Mamma: "Dit is 'n baie lelike woord. Dit is dieselfde as om Liewe Jesus se naam te gebruik en jy mag dit nie doen nie."
Zellie: "Maar my maatjies sê dit almal."
Mamma: "Dan sê jy vir jou maatjies, dit is baie lelik, want hulle sê Liewe Jesus se naam as 'n vloekwoord."
Zellie: "Dan sê hulle - ag man juffrou sê dit ook as sy by haar huis is..."
Wihan het sy vendetta met sy niggie nog so bietjie verder gevoer en besluit die enigste simpatie wat sy verdien nadat sy van die muurtjie af geval het, is om sopnat gespuit te word met die tuinslang!
Ons het Zellie se danseksamen sertifikate gekry en sy het 88% gekry en 'n goue medalje!! Mamma is baie trots op jou!