Ons verstom ons die laaste tyd aan boetie se redenasievermoë. Hy spraak geen sprook nie, maar dom is hy vir seker nie!
Gisteraand is Pappa in die stort en Wihan staan en kuier aan die ander kant van die stortdeur soos gewoonlik. Wihan sien Pappa het nie 'n waslap nie en gaan haal vir hom een in die bad. Hy hou die waslap eers so teen die stortdeur en Francois maak of hy hom probeer vat. Wihan ruk die waslap weg, maak die deur oop en gooi die waslap vir Pappa!
Hy bou toringkies met absoluut alles!! Vanoggend het hy sy gogga-stoot-dingetjie eers op die swart fiets gesit, toe 'n bakkie bo-op, blokkies binne in die bakkie en toe 'n bal bo-op die bakkie.
Gisteraand gee ons vir hom visvingers. Eers freak hy omdat ek die visvingers in die vrieskas sit om koud te word. Spring op en af en skreeu en wys met sy vingertjie na die vrieskas en baklei! Ek haal toe maar die warm visvingers uit en gee dit net so vir hom. Hy blaas hulle wraggies eers koud voor hy hulle eet. Trek sommer die neusie so op 'n plooi en blaas dat die spoeg spat! Hy sal self sy kossies koud maak, man!
Hy begin op 'n stadium sy kos rondgooi en ek sê vir hom "nee". Hy antwoord dadelik "JA!"
Hy het Vrydag beduie en gemoan tot ek sy doek afhaal en toe baie trots teen Pappa se braaier gepiepie!
Hy doen absoluut alles wat jy vir hom sê. "Gaan sit op die stoel." "Gee vir Pappa die boek." "Kom ons gaan bad." "Gaan speel buite." En laat jy net die slag vir hom sê hy kan nie eers so mooi praat soos sussie nie. Dan haak hy af met 'n klomp "Pappa, pappa, pappa, Pappa's" en hy wen die argument!