Ek stap vanoggend saam met Sussie na juffrou Sxxxx se klas toe sodat ons volgende jaar se juffrou kan ontmoed en uitvind of daar enigiets is waaraan ons solank aandag moet gee:
Juffrou Sxxxx: "Hello, kom jy volgende jaar na my klas toe."
Zellie: (Steek net haar kop agter my boude uit om te praat.) "Nee, ek is nog te klein. (Kom heeltemal agter my boude uit.) "Sien jy hoe is ek nog te klein."
Juffrou: "Ja, maar volgende jaar gaan jy mos lekker groot wees."
Zellie: "Nee, ek is vier (wys 4 vingers) Ek sal hiernatoe kom as ek vyf is. (wys 5 vingers)
Juffrou: "Wanneer word jy vyf?"
Mamma: "Februarie."
Juffrou: "O, so jy is een van die ouer kinders. Jy gaan hier by my vyf word dan sing ons almal vir jou."
Zellie: "Nee, ek dink ek gaan nog laaaaaaank vier bly!"
Sy het 'n maand lank gehuil voor sy vir juffrou Exxxx en Mxxxxx gelike het. Hierdie jaar 'n maand lank gehuil voor sy vir juffrou Hxxxxxx gelike het. As sy eers aanpas raak sy so lief vir hulle dat sy nie weer wil skuif nie. Dit was laas jaar so en hierdie jaar weer! Dan gaan ons seker volgende jaar dieselfde paadjie stap! Wil nie eers aan Graad R en juffrou Mxxxxx dink nie!! Boetie gaan eendjie klas toe. Gelukkig is dit mense met wie hy hierdie jaar al baie te doen gehad het, so ek dink hy sal fine wees.
So ja, sien juffrou as ek 5 is!