Ry nounet op pad van die skool af by 'n huis verby waar 'n hoender buite rondloop.
Zellie: ''Ag Mamma, kyk die hoendertjie!''
Mamma: ''Ag jitte. Kom ons vang hom dan eet ons hom.''
Zellie: ''Nee! Ek sal al sy kieme kry!!''
Mamma: ''Maar jy eet dan altyd hoender.''
Zellie: ''Is nie! Waar?''
Mamma: ''Jy hou van hoender balletjies.''
Zellie: ''O, ja. Sulke hoender hou ek van.''
Mamma: ''Nou kom ons vang hom dan maak ons hoender balletjies van hom?''
Zellie: ''Mamma! Dit is dis-gus-ting om hoendertjies wat rondloop en koekelekoe maak te vang en te eet! Jy MAG dit NIE doen NIE!!''
Mamma: ''Hou jy van skaaptjops?''
Zellie: ''Ek gaan bitter kwaad wees as Pappa 'n skapie vang en tjops van hom maak!''
Hoe sê hulle... Ignorance is bliss!!
En nog 'n paar foto's net omdat ek kan!!

''Dis okay Mamma. Ek gaan net vier slapies by Oupa en Ouma kuier! Moenie te veel verlang en huil nie!''
Dis hoe Boeta vir Sussie boelie! Hy trek haar onderstebo en dan keer hy dat sy weer regop kom!
Sien ek kan smile vir foto's. MAar net vir my Ma!
Die woorde wat jy die meeste hoor as jy twee kinders het is ''En nou my beurt!''