Die laaste maand of wat was lekker besig, lekker deurmekaar en lekker lekker! Ons is pas terug van verlof af en het 'n heerlike twee weke by die see gehad. Ek sal die foto's oor die naweek aflaai en opsit, vir nou net 'n vinnige update.
Sussie het deesdae 'n verskriklike fassinasie met twee dinge: Vreemdelinge en die dood.
Dit het vanselfsprekend nou al gely tot enkele komiese, verskeie histeriese en ontelbare skaamkry oomblikke. (Ek besef skielik dat ek nie kan spel nie... te lank op die strand gesit met my tone in die sand...)
By die see het sy ons ewe trots meegedeel dat vreemdelinge mense is met swart klere en hoede en dat mens moet skreeu en hardloop as hulle naby kom. Nou ja, daar is 'n hele paar tekortkominge in hierdie definisie so ons het ons ouerlike plig gedoen en die prentjie bietjie begin inkleur:
Mamma: Vreemdelinge is enige mens wat jy nie ken nie. Hy gaan net soos die mense lyk wat jy ken, maar jy gaan nie sy naam ken nie.
Zellie: Mense met kinders is nie vreemdelinge nie.
Mamma: Ja, mense met kinders is vreemdelinge as jy nie hulle name ken nie.
Zellie: Nou maar hoekom gee Liewe Jesus dan vir vreemdelinge kinders?
Die hekwag was vanselfsprekend 'n vreemdeling en is die res van die vakansie gegroet met ''Hello vreemdeling''. Ons het een lekker gevalletjie gehad waar sy in die Spar vir 'n oom weggehardloop het terwyl sy kliphard gil ''Help, vreemdeling!!!''
As Francois met haar raas oor iets sê sy vir hom: ''Ek gaan in die winkel vir jou weghardloop en hard skreeu Vreemdeling dat die polisie jou kom vang.''
Die laaste tyd het sy my begin uitvra oor hoekom ek nie ook 'n Oupa het soos Pappa nie. Ek het verduidelik dat altwee my Oupas en my een Ouma en een van Pappa se Oupas en een van sy Oumas oorlede is. Natuurlik wou sy weet hoekom en ek het gesê hulle het oud geword. FOUT!!!
Ons gaan na Ouma Grietjie toe Maandag en Franzél sien haar geleentheid. Sy gaan staan styf teen Ouma se been en kyk so ewe versigtig rond voor sy vra: ''Ouma Grietjie. Jy is al baie oud, ne. En as mens oud word, gaan jy dood.'' Ek het nie geweet waar om my kop in te steek nie. In die eerste plek verstaan sy nie dat die dood permanent is nie. Sy dink jy word weer gesond. In die tweede plek verstaan sy nie dat enige iemand kan doodgaan nie, want ek wil nie onnodige vrese in haar koppie sit nie.
Op pad huis toe preek ek maar oor hoedat ons nie weet wanneer ons gaan doodgaan nie en dat net Liewe Jesus besluit om ons te kom haal. En dan gaan ons na Hom toe en dit is 'n baie lekker plek om te wees.
Gister gaan haal ek haar by die skool en die eerste sinnetjie is:
Zellie: Mamma, kyk hier by my been het ek al begin oud word.
Mamma: Nee, man. Jy is nog sommer 'n baba!
Zellie: Nee man, kyk hier is ek al bietjie oud. (Dit is 'n geboortemerk waarna sy wys!)
Zellie: Yes, ek kan nie wag om oud te word nie, want dan sien ek vir Liewe Jesus!!!!! (Die stemmetjie is doodopgewonde asof sy op pad is Wimpy toe!)
Mamma: Ja, dis lekker by Liewe Jesus. Dit is hoekom ons van Hom moet leer en na Sy Woord luister sodat ons eendag by Hom kan wees.
Zellie: Maar Mamma hoe lyk Liewe Jesus?
Mamma: Niemand weet hoe Hy lyk nie, my skat.
Zellie: Maar Mamma, dan is Hy mos eintlik 'n vreemdeling???!!!
Ek gee op. Ek gaan so waar as wat ek op hierdie stoel agter hierdie rekenaar sit nie daardie kind leer van enige bytjie of blommetjie nie!!
Boeta raak nou te flippin opvreetbaar oulik. Hy begin uiteindelik regtig herhaal wat jy vir hom sê en die woordjies kom nou vinniger by as wat ek hulle kan neerskryf. Hy is nog totaal stom voor vreemde mense en weier om met enige iemand by die skool te praat. As ons in die aand bad hou hy sy beentjies in die lig en sê ''was voete''. Alles is ''uitklim.'' As hy wil hê ek moet hom optel of as hy uit die karstoel wil kom of as hy nie 'n baadjie wil aan hê nie is ''uitklim'' die woord om te sê. Hy sê ''sussie'' nou heeltemal duidelik en roep haar as hy haar nie kan sien nie. Hy sê ''einaaaaa'' so laaaaank uitgerek. Hy steek my met die vurk en dan sê hy ''einaaaa!!'' As hy en sy Pappa gesels is dit heeltyd ''Pappa baba, Pappa baba.''
Hy stel baie belang in die potjie en wys vir jou om sy broek uit te trek en gaan sit op die potjie, maar hy verstaan nie heeltemal wat hy moet doen nie. Gisteroggend het hy opgestaan, gesê klaar en op my vloer gebollie!!! Ieeeuw! As hy wil piepie wys hy vir jou jy moet sy doek uittrek, trek sy mondjie so rond en sê sy weergawe van ''ieeuw''. As hy gebollie het lyk dit behoorlik of hy gaan siek wees soos hy die gesiggie en mondjie trek!
Belowe ek sal foto's laai sodra ek rustig raak. Vandag moet ek eers bietjie werk doen!!