Aan die begin was Boeta maar bietjie vreemd in die nuwe huis en moes heeltyd by my wees! Dit is al manier hoe ek kon skottelgoed was...
Sussa het vir Boeta leer smile... wed julle kon dit nie sien nie!!
Aan die begin was ons maar skrikkerig vir die see en het eerder op die strand gesit en eet.
Sussa het die see, sand en water te veel geniet, selfs nadat sy met 'n bloublasie kennis gemaak het.
Na so dag of twee het Boeta begin mak raak en ondersoek instel na die nuwe omgewing.
Sussa het geswem soos 'n vis.
Uitsig uit ons woonstel uit. Daardie strand daar onder is privaat en lieflik in die laat middag en aande. Mense loop na donker nog daar rond en dis baie veilig. Lieflik.
Dit is 'n jissie maar hierdie vis is lekker gesig.
Dit is hoe ek lyk nadat ek sussa se kos met die hamer geslaan het.
En dis hoe sussa lyk nadat ek haark os met die hamer geslaan het...
Die maan oor die see vanaf ons stoepie.
Sonsopkoms... met kinders sien jy nogal die son op kom!
Hier het ons eers ons eie klein poeletjie gegrou vir boeta om in te swem. Hy was te bang vir die golwe.
Toe ontdek ons daar is rotse om te klim. Almal was verbaas oor hoe goed hy klim en klouter vir sy ouderdom.
Hierdie see ding maak 'n mens dood moeg.
Maatjies en Ushaka.
Boeta grou self sy gat bietjie dieper.
Net na hierdie foto het 'n golf oom WJ omgeslaan en hy moes so keer vir die kinders dat hy self op 'n rots beland het.
Dis mos nou ingerig of hoe! Wat meer wil mens he.
Bye-bye see. Sien jou volgende jaar weer!