En so het my baba dogtertjie laas week haar eerste tand getrek!! 6 Junie 2012 is behoorlik 'n dag om te onthou. Sy het eers dood opgewonde vir my die tand kom wys en gehardloop om in die spieël te gaan kyk. Wat gevolg het was meer as 'n uur se trane en drama, want daar is dan nou 'n gat in haar mond! En C*** gaan haar spot! En sy wil haar tand terug hê! Sy het nie verstaan dat daar eers 'n gat gaan wees voor die nuwe groot mooi tandjie waaroor ons so aangegaan het gaan verskyn nie. Vir die gat was ons glad nie voorbereid nie!!
Gelukkig het sy teen die volgende oggend besluit dit is iets om vir almal te vertel en te wys en Mamma het seker gemaak dat Juffrou 'n ophef maak voor die ander maatjies om te keer dat sy gespot word!

Nou sê sy heel dag die Antjie Parmantjie gediggie op en bly sê "Ek is Antjie Parmantjie!"
Antjie Parmantjie het 'n los tandjie
Sy wikkel hom, sy sukkel hom, sy trek hom
Eina sê Antjie en uit is haar tandjie!
So iets. Ek sal nou nie waarborg dis 100% woord vir woord korrek nie! Sal by Sussa seker maak...