Laas week was Pappa op 'n kursus vir die hele week en ek het so 'n smakie gehad van hoe 'n enkelma moet voel! Dit is nie 'n goeie gevoel nie en word regtig nie aanbeveel nie!
En natuurlik het elke aand genoeg trane gehad van 'n klein seuntjie wat sy Pappa oral loop en soek het en die hele tyd na hom geroep het. Sy Pappa is sy held! In die middae as daai hek oop gaan spring hy dadelik op en skreeu "Pappa!" "Pappa!". Hy het tot 'n spesiale stemtoon waarmee hy met sy Pappa praat. En as hy die slag 'n motorfiets of ' n groot trok sien wat hy vir sy Pappa kan wys is hy in die sewende hemel. "Pappa! Kyk! Joe! Wow!"
Die naweek voor hy moes gaan het ons eers na ons kerk se basaar toe gegaan. Natuurlik moes daar gesig geverf word! Dit is nou regtig een ding wat vir haar 'n moewiese treat is. Iemand wat sit en haar gesiggie verf. Sy het tot die aand so gaan slaap.
Pappa het 'n broodjie in die oond gehad en was baie ernstig daaroor dat die meesterstuk op my blog moet "feature". So ja ta-da! Daar is die beste broodjie wat nog ooit gebak is!
My pragtige groot meisiekind op pad kerk toe. Kan nie glo hoe groot sy word nie...
Ek en my Boeta deel alles!! Ons staan altwee op die trappie en borsel saam tande. Natuurlik moes boeta agterna droog aangetrek word, want tot sy vest was sopnat!
En dan dit wat vir Boeta die meeste vreugde gee. Kos maak! Hy kan behoorlik 'n kombuis uit lê en vir hoe lank staan en kos maak en roer en proe. Te oulik!