Ek het die kinders vroeg gaan haal, want vanaand is konsert en almal moet tof en aantrek. Sussie kon nie wag om vir my te vertel nie:
''Mamma, ons mag vanoggend gesit en kyk het hoe dans my Boetie se klassie en hulle is awesome, Mamma! My Boetie was awesome! Hy het nie eers gehuil nie en hy het tot gedans en gemaak net soos al die ander maatjies! My mondjie het sommer so self begin glimlag en al my maatjies het gesien dis my Boetie. Hulle almal het gesê my Boetie dans so awesome! High 5, Boetie! Daardie klein kindertjies dans die heel beste in die hele wêreld!''
Ek onthou nog Sussa se heel eerste konsert so goed. Dit is darem so spesiaal as daardie klein lyfies so dapper op die verhoog stap voor honderde mense en hulle deeltjie doen! Mens kan nie glo hulle kan so oulik wees en dat die laaste een nie in trane uitbars nie. Vanaand het ek weer 'n klein lyfie tussen hulle. Ek is net so opgewonde soos sy Sussa!
En Sussa is net so opgewonde want sy dans met haar beste maatjie en hy moet sy been so hou en dan gaan sit ek op hom en dan val ons karplaks agteroor en dan lag ons so vreeslik lekker! Ek preek nog van sy moenie op hom neerval nie en nie haar volle gewig op hom neersit nie. Maar sy reken hulle lag baie lekker as hulle so reg agteroor val!! Sal interessant wees om te sien hoe dit vanaand gaan!