Vanoggend terwyl ek besig is om sussie se hare te kam:
Sussa: "Mamma, onthou jy hoe het jy gesê as ek so hard op my tande kners gaan hulle kraak en dan gaan die tandarts met my raas?"
Mamma: "Ja, dis regtig so. Mens moenie harde goedjies kou soos ys en harde toffies nie en mens moenie op jou tande kners nie."
Sussa: "As ek nou weer tandarts toe gaan en sy sê my tande is so baie gebreek, gaan ek vir haar sê dit is omdat jy my hare so seer kam!"
Die naweek was dit uiteindelik amper somer! Die kinders het hulle morsdood moeg buite gespeel en hulle omtrent doodmoeg baljaar. Boeta het gistermiddag geslaap van 2 tot 5 en gisteraand 8uur was hy weer uit soos 'n kers.

By die kwekery. Hulle altwee se gunsteling plek. Daar is trollies om op te ry en visse om te voer en soos Boeta sê 'n "Bam kat" wat hy met die besem kan jaag!
Daar is niks lekkerder as om met water te speel nie! Daardie water was vir seker nie baie warm nie, maar hulle het darem beurte gemaak om mekaar nat te spuit!
Hier het ons warm water in die skottel getap - lekkerrrrrrr....