Sussa wou gisteraand ewe ernstig by ons weet hoekom Liewe Jesus tog so 'n stoute babatjie in Mamma se maag vir ons gestuur het!! Met goeie rede, want Boeta is omtrent daarop uit om haar te verpes!
Hy probeer haar nat piepie in die bad, steel haar Otto en weier om hom terug te gee, jaag haar, stoei met haar, spring op haar, trek haar hare, lek haar ore, steel haar tafeltjie terwyl sy eet, vat haar bakkie wasbak toe terwyl sy nog besig is om te probeer eet, weier om sy chips met haar te deel. Maar sy geniet hom eintlik baie!! Hulle speel en gil en lag die grootste deel van die dag en soek mekaar as een nie daar is nie. As ek in die middae vir boeta by die skool gaan oplaai staan hy by die hekkie en deur loer en roep vir "Sussie". Baie sweet!
Sussa is te oulik met al haar gediggies en liedjies. Kan nie glo hoeveel goed sy ken nie - en dit is lang gediggies wat sy opsê met gevoel! Ek wil die woorde neerskryf soos sy dit opse want dit is regtig sweet. Die een dink ek onthou ek reg!
Brand, brand,
skreeu du Randt,
waar, waar,
vra de Jager,
in die Skuur,
sê die vuur,
wie gaan kyk,
vra van Wyk,
die toeters blaas,
die brandweer raas
en die mense hardloop saam!
Dan is daar nog Trippe Trappe tone, Die kameelperd en iets van die boer se bone en 'n kweperlat.
O ja en die Koekie seep wat 'n ongeluk gehad het! Sy sê hom verskriklik oulik. Ek moet haar eintlik opneem en dit bêre, want dis baie sweet!
O ja en die telliedjie van die papajas aan die tak. Tel agteruit van 5 af en weer terug en sy hou kop. My slimste slim kind! Ek love haar juffrou van hierdie jaar. Sy kry verskriklik baie reg met die kiddies en Sussa blom behoorlik in haar klas. Sy het al kleinkinders en ek dink sy het die geduld en liefde wat die jonger juffrouens baie keer kort kom. Gaan volgende jaar vir juffrou Sxxxx mis. Sy moet net nog daar wees as Boeta na daai klassie toe moet gaan!