Ons het die fout gemaak om vir Sussa te sê dat ons die naweek gaan kamp en bergklim. Sy het besluit dat ons gaan trek - berge toe. En sy het dit vir almal vertel wat sy by die skool teëkom.
Maandag bel oom W*** vir Pappa en vra hoekom sê ons nie vir hulle ons trek nie. Vanoggend by die skool het twee mense my voorgekeer en gesê hulle hoor ons trek berge toe!! Wat sal ons sê... Wonder wat word nog alles verdraai aan die hele wêreld oorgedra en waaroor hulle te ordentlik is om verder uit te vra!
Vanoggend sê S***, een van die Pappas vir my my hare lyk mooi so donker. Haak Sussa af, skud haar haartjies oor haar skouer en sê "dankie, ek weet!!" En dit is die tweede keer die week wat sy dit doen! Die vorige keer het sy vir juffrou N*** gevra "Myne, ag dankie!"
Gisteraand praat sy met Oupa Japie op die foon en hoor sy tand het gebreek. Sy reken "Oupa moet die tand in sy skoen sit dan bring die muis vir jou twee geldjies!"
Ten minste kry ons die selfvertroue gedeelte van haar opvoeding mooi reg...