Ek moet drasties begin om hierdie blog op datum te hou! Ek sal elke dag ietsie laai totdat ons weer op datum is. Daar het so baie gebeur intussen en ek vergeet wat ek alles wou neergeskryf het. Siende dat dit eintlik die hele idee van my blog is, maak dit my nogal ongelukkig.
Ons was Kersfees Marloth Park toe saam met Oupa Japie en Ouma Santie. Ons en die kinders het dit ongelooflik baie geniet. Franzél vra nou nog wanneer gaan ons weer na ons wildtuin-huisie toe.
Op pad wildtuin toe. Hierdie is geneem tussen Machado-dorp en Waterval Boven. En ja Wihan soek sy ma, die rede vir die uitgestrekte hande en die huil-gesiggie! Wat is nuut?
Ons moes dalk die kamers afgeneem het voor ons begin aflaai het!! Maar dit was so lekker ingerig en mooi dat ek die foto nogsteeds hier moet op sit. Dit was regtig 'n fantastiese plek gewees.
Eet ons pap met 'n uitsig. Kort hierna het die vark op ons stoep gepiepie!! Ieeeeuw!
Ons houtdek waar die diere tot by ons kon kom sonder om op ons tone te trap! Franzel is in ekstase as die zebras so tot by haar kom en kos by haar vat.
Dit lyk of die Zebra Ouma vir 'n soentjie vra...
Ag dankie, Ouma!
Wihan was natuurlik baie bam daai zebra!
Ons swembadjie. Dit was 'n wenner! Let op na Wihan wat eenkant sit met sy klere en skoene aan! Dit het 'n rukkie se soebat en smeek gevat om hom in die water te kry...
Daar's hy! Nou kan ons letterlik heeldag swem!
Lekker slaap ons saam in 'n bed.
Een van die kere in Kruger Wildtuin toe.
Piekniek by ... kan nie die plek se naam onthou nie! Sal moet uitvind...
Kersfees en Wihan wurg amper vir Mamma so bam hy Kersvader.
Op pad huis toe by die Nzasm valle in Waterval Boven.
En al Boeta se streke is saam op verlof! Hierdie was een hele splinternuwe buisie sonroom...
Die "Manga slang" (Zellie se uitvindsel!) het amper hierdie knapie gepik. Ons het hom gered deur die slang eers met 'n klip te gooi en toe het hierdie dapper (dom) outjie hom uit die boom uit gaan haal en weggevat.
Ons kan nie wag om weer Marloth Park toe te gaan nie. Mis dit sommer as ek die foto's so deur kyk en kan nie glo dis al so lankal verby na ons so lank daarna uitgesien het nie.
Dankie Ouma en Oupa... Ons het dit baie geniet.