Fiefie en Potter

Fiefie en Potter

Tuesday, 4 December 2012

"Growth spurt???"

Ek hoop regtig dat Boeta deur 'n ongelooflike vinnige groeifase gaan en nie van plan is om vir die res van sy lewe elke jaar bietjie meer te eet as wat hy nou eet nie!  Ons sal moet begin fondsinsamelings reël om sy maag vol te hou! 

Gisteraand het hy vandat hy 14:00 van die skool af gekom het tot slaaptyd die volgende geëet:
2 Snye volgraan brood;
1 perske;
4 marie koekies;
Groot stuk wors (en die helfte van sussa se groot stuk wors); 
Mash;
4 driehoek kasies;  (Ja 4, sy rekord is 8!)
2 Eiers (ek wou nie wors eet nie en hy het my eiers van my roosterbrood af geëet!)
1 Bakkie yoghurt;
'n Hand vol jelly tots;
En die helfte van my beker rooibos tee!!!

Sy sussie wat 3 jaar ouer is het 'n halwe stuk wors en 'n kasie geëet!!

Vanoggend voor skool:
Bakkie met 2 weetbix;
Sny volgraan brood;
2 Perskes.....
en hy het sy bakkie oats bestorm toe hy by die skool kom asof hy jare laas kos gehad het!!

Na my kind wat leef van vars lug en liefde is dit nogal 'n redelike aanpassing.  Ek wag net heeltyd dat hy moet naar word!!  G'n mens kan so baie kos in sy pens kry nie en Boeta se pensie is ook maar net so groot!