Vriende van ons is besig om aan hulle huis te bou en breek en ons pas hulle honde en skilpad op terwyl die bouers heeldag in en uit is. Dinsdag middag kom laai hulle die diere af en sit die skilpad sommer net daar in die middel van die grasperk neer. Dit is 'n reuse skilpad, nie een van hierdie kleintjies nie.
Wihan is besig om te speel en ek stap saam met die mense uit hek toe en ewe skielik hoor ons net hierdie histeriese bloedstollende gille! Boeta wou nog so ewe rustig agter ons aan stap en toe hy reg by hierdie groot klip is steek hy sy kop en pote uit en begin hol so vinnig as wat 'n skilpad kan hol! Boeta storm tot by die agterdeur wat toe is en daar is hy vasgekeur met hierdie groteske monster wat hy vas glo reguit op hom afpyl! Toe ek hom uiteindelik optel was hy heeltemal histeries en kon nie eers gesê kry wat hy probeer sê nie! Hy het my net vasgegryp en sulke snak-na-asem geluide gemaak terwyl hy snik soos hy huil! Nou is dit natuurlik 'n.... wag vir dit..... bam skilpad!!
En julle gaan my nou wraggies nie glo nie, maar gister middag terwyl hy nog so ewe dood rustig op die mat sit en speel waar hy veilig is van die bam skilpad kom hier 'n helse groot bosduif in die huis in gevlieg en hy pyl natuurlik reg op Boeta af! Weereens absolute histerie. En elke keer hol Wihan en vlieg die duif in dieselfde rigting en as Wihan stop is die ding langs hom!! Ek dink nie my kind gaan sy 3de verjaarsdag haal met die huidige wildernis situasie om ons huis nie!! En natuurlik is dit nou 'n bam duib!!
En toe ek uiteindelik die duif by die deur uit het gryp die hond hom en Sussa raak ab-so-luut histeries. Kos my soos 'n mal mens met 'n besem agter die hond aan hol, die duif in 'n wasgoedmandjie vang en hom oor die muur gooi waar die bure se hond hom kan eet sonder dat my arme sensitiewe bloedjie dit hoef te aanskou!!!
Goeie daad vir die maand done and dusted!!