Ons het die kinders die naweek Badplaas toe gevat saam met vriende en was dit nou 'n fees! Ons het gekamp en die kinders het floreer daarop om 'n hele naweek buite te wees en buite te eet en buite te slaap. Wihan het gegrinnik vandat hy in die oggend sy ogies oop maak totdat hy gaan slaap. Franzél het op die glybane gegly totdat haar pa eenvoudig net nie meer kon by hou nie. En daar is sand - baie sand! Wihan en Michelle het elkeen die hele naweek met 'n plastiek bekertjie en teelepel geloop en sand skep en uitgooi, skep en uitgooi.
Franzél se sêgoed is natuurlik saam op ons uitstappie en hier is 'n paar juweeltjies!
In die badkamer Saterdagoggend is daar 'n blanke vrou en 'n swart dogtertjie wat staan en tande borsel.
Franzél: "Hello Tannie. Is dit jou kind?"
Tannie: "Nee my liefie. Dit is nie my kind nie."
Franzél: "O, want sy lyk nét soos jy."
Sy het haar 3d Tweetie t-hemp aan:
Tm: "O, maar ek is mál oor jou hemp."
Franzél: "Hy maak my ook mál, tannie."
Sy het ook Saterdagaand gereken sy het sonbrand op haar tong en ons moet net kyk, ons sal sien!
Wihan het in die baba-swembadjie gehardloop en gespeel. Ek was nogal verbaas om te sien dat hy soveel selfvertroue het terwyl hy Saterdag nog soos 'n neet aan my arm vasgeklou het. Tm was in die water, ek, F en R het op die kant gesit. Daar was seker so ses kinders in die swembad en nog omtrent ses grootmense op die kant. Voor al die mense het Wihan se koppie onder die water verdwyn en ek was die enigste persoon wat dit gesien het. Ek was binne vyf sekondes by hom en het besef dat alhoewel hy kan staan, hy probeer om homself met sy armpies op te stoot en dus heeltyd sy eie kop onder die water hou. Die water was maar omtrent tot by sy heupe, maar hy kon nie weer self op kom nie. Ek en Francois het vooraf besluit hy kyk na sussie en ek na boetie sodat iemand se oë heeltyd op Wihan sal wees. Dit wys jou net dat die grootmense om 'n swembad elkeen hulle eie kind dophou. Mens kan nooit daarop staatmaak dat daar baie grootmense is en dat jou kind daarom nie sal verdrink nie.
Op pad huis toe het hulle altwee al geslaap voor ons by die hek uit is. Morsdood moeg gespeel!