Wihan tel skielik woordjies op asof hy dalk regtig mag belangstel om eendag te begin praat.
Gisteraand leer ek vir Zellie swem - sy kom ongelooflik mooi reg nou al - swem die breedte van ons swembad deur sonder vlerkies en raak al hoe sterker! Sy raak moeg en skreeu "Mamma help!" Ek het vir boetie in my arms en Wihan skreeu ewe benoud "Mamma help!"
Gisteraand is daar 'n program op National Geographic oor diere wat kamtig met mekaar praat. Dis regte diere wat afgeneem word en dan word dialoog bygesit wat pas by wat hulle besig is om te doen. Hulle wys 'n trop leeus en Wihan reken ewe opgewonde dis "Kieties!". As die apies speel en rondspring lag hy uit sy maag uit en beduie en babbel. Dis te cool. Hy kyk glad nie tv nie, maar diere fasineer hom nogal vir 'n rukkie.
Maandagmiddag het ek by hulle gesit terwyl hulle in die klein swembadjie speel. Wihan love dit om my voete nat te gooi en dan moet ek nou kamtig vreeslik groot skrik. Gistermiddag is ek besig om kos te maak voor die stoof en die volgende oomblik staan ek in 'n plas water! Hierdie keer het ek regtig groot geskrik! As ek dan nie na die water toe wil kom nie sal hierdie boertjie sy eie plan maak. Hy het dit nog twee keer gedoen voor hy besef het die hou op sy doek en die NEE MOENIE, beteken MOENIE!
Dit gaan beter met die vriend waaroor ek gister geskryf het. Hy sal hopelik vandag uit intensief uit kom en is buite gevaar. Hopelik sal hy Saterdag terug wees in die dorp. Ons is saam met hulle baie dankbaar. Ons het regtig groot geskrik. Ons hoop dat die oorsaak ook sommer heeltemal uitgesorteer sal word en dat hulle nie net die simptome sal behandel soos so baie keer gebeur nie.