Ek het nou die laaste foto's bygesit!!
My Prinses, Pikkewyn, Poekeloetjie, Poepies, Bekkie, Blommie, Prinses Fiefie is more 5 jaar oud. Kan ek maar die holrug-geryde "waar is die tyd heen" opmerking hier plaas. Ek kan nie aan iets beter dink om te sê nie en kan nie eers begin probeer om die knop in my keel en die pyn in my hart te verduidelik nie.
Hier is jy 10 weke oud en net mooi niks lus vir enige vorm van stimulasie nie! Jy wou net vasgehou en liefgehê word en hier sit Mamma jou sommer net neer met 'n plastiek speelding as geselskap!

Jy was 'n regte Pappa se dogtertjie. Hier is jy omtrent 6 maande oud.
Hier is jy omtrent 7/8 maande oud en 'n lekker ou pokkeltjie.
Pappa se 30ste verjaarsdag. Jy is 19 maande oud.
Jou eerste Kersfees. Omtrent 20 maande oud.
Hier is jy en die getroue Otto op jou eerste verjaarsdag. Op hierdie foto lyk jy ook vir my verskriklik baie na Wihan. Net bietjie ronder wangetjies!
Hier het jy net so paar dae geloop. Omtrent drie weke na jou eerste verjaarsdag.
Jou tweede verjaarsdag. Ek onthou die dag. Ek onthou wat jy aangehad het, hoe dit gevoel het om jou aan te trek, hoe ek moes sukkel om die kroon van jou kop af te kry...
Ek onthou hoe opgewonde ons was toe ons die aand voor die tyd jou huisie opgeslaan het en jou gesig toe jy hom die eerste keer gesien het.
Hierdie foto is 'n maand na jou derde verjaarsdag geneem op tannie Madelein se troue.
Hier is jy omtrent 3 en 'n half. So omtrent twee maande nadat boetie gebore is op pad na jou skoolkonsert toe.
Op 3 en 'n half net na boetie se geboorte.
Net na jou vierde verjaarsdag- lekker laf! Mamma kyk hoe dans ek.
Op 4 en 'n half by Goblin's Cove. Lekker roomys!
Desember met jou danseksamen.
Kersfees - lekker! En kyk die fyn gesiggie, die knopkennetjie en die dimpels. Kan nie glo my baba is 'n meisiekind nie!
Die naweek wat nou verby is. Amper vyf jaar oud en dis wat ons kry as ons vir 'n smile vra.
Ek wens vir jou net die beste, want jy is wonderlik en onskuldig en jy verdien niks minder nie. Jy is my slimkop-babbelbekkie-malkop-prinsessie wat nog gister middag in jou onderklere deur die sproeier gehardloop het (VOOR in die erf!), jy geniet dit om modderkoekies te bak, laf te wees en lag uit jou maag uit vir jou Boetie as hy laf is. Ek hoop dat ek nie eendag sal terugkyk op dit wat jy nou is en wens ek het jou meer geniet en meer saam met jou kind gewees nie. Ek onderneem om elke treë van jou kindwees saam met jou te geniet en hoop dat dit so lank as moontlik sal hou! Lief vir jou.