In die laaste week is 'n 5 maande oue baba vermoor in 'n huisrooftog waarin 'n cd speler en juwele geneem is. 5 Maande oud. Hy kan nog nie kruip, behoorlik regop sit of een enkele woord sê nie. Hy is gister begrawe. 'n Pa het sy baba se kissie in 'n kerk in gedra en daardie kind is weg. Vir niks. Geen rede nie. Geen sin in wat gebeur het nie.
Ek huil elke keer as ek hierdie lees en ek wonder of ons reg in ons koppe is om hier rond te hang en te wag en kyk wat nog alles gaan gebeur. My seun se naam en daardie arme baba is omtrent presies dieselfde. Elke keer as ek dit hoor word ek yskoud en naar en ek kan nie help om te huil nie.

En die mees nuuswaardige storie in ons koerante die laaste week was 'n naakskildery van die president... So lank as wat daar nie gevolge is vir hierdie tipe dade nie, sal hierdie tipe goed nie ophou gebeur nie.
Hoe wurg jy 'n 5 maande oue babatjie... Ek weet nie hoe staan mens op en gaan aan met jou lewe na so iets nie. Hoe glo jy weer in enige iets....