Ons het 'n bedrywige naweek gehad. Saterdag 'n damestee vir die skool en Pappa het kinders opgepas. Dit het heel goed gegaan, behalwe vir die feit dat hy elke keer vergeet dat hulle eintlik moet eet ook....
Die "blomme" (Niks mors nie want my kiddies eet BAIE appels!!)
Vir Moedersdag het die kinders by die skool vir ons voorskote gemaak - te pragtig, maar sal dit nooit ooit regtig kan gebruik om vet van my klere af te hou nie!!!
Ek en Sussie het gister 'n gesprek gehad. Ek verduidelik dat ons sagte hartjies moet hê, omdat Jesus ons so gemaak het en ons moet sag wees met mense om ons. Ons mag nie met ander kinders lelik wees of vir hulle sê hulle mag nie saam speel nie.
Gistermiddag het sy 'n gesprek met haar Ouma en sê vir haar: "Ouma, ek is besig om in te kleur en nie regtig lus om nou met jou te gesels nie. Maar ek het 'n glad hartjie en as jy regtig nog met my wil praat sal ek nog bietjie met jou gesels." Weet nie so mooi of daardie lessie suksesvol was nie, ne. Volgende sal ons werk aan takt....
Sy sê ook vir haar Ouma: "Ek het vir Storm weggehardloop, want hy wou my byt en toe hardloop ek in die hek vas. Maar dit is nie Storm se skuld nie, dis omdat hy 'n vier of 'n vyf rand hond is." As my ma-hulle maw 'n bietjie duurder hond gekoop het, sou hy nie teen hulle opgespring het nie!
Kyk laas week na foto's van 'n vriendin se seuntjie met sy boeties e skrum-keps op. My kind word saam met 'n sussie groot, so sy blootstellings verskil nogal heelwat!!
Stel darem al belang in praat - herhaal meeste goed wat jy vir hom sê en maak dieregeluide na.
Nou vir potty train.
En eet - mense kan hierdie kind wegpak vandat hy nie meer melk drink nie!!! Hy het gisteraand die volgende geëet van 17:30 tot 8:30 en die helfte daarvan nie eers in my huis nie. Die mense dink seker die kind kry nooit kos nie!!
- Dieselfde hoeveelheid pasta as sy sussie; (Sussie het ook hierna niks verder geëet nie)
- 'n Stuk wors wat sussie nie eers geëet het nie;
- 'n Halwe houer Nestle puffs; ('n Houer hou gewoonlik 'n week!)
- 'n Hand vol rosyntjies;
- 'n Piesang;
- Sewe van daardie klein blokkies kasies; (Nie driehoekies nie, klein blokkies!!)
- Twee tuck beskuitjies met marmite;
- 'n Hand vol flings.
Vanoggend het hy 'n bak pap saam met sussie geëet en by die skool eet hy nog 'n bak of twee! Hy glo ook hy moet twee keer middagete kry en as hy wakker word soek hy sy broodjie onmiddelik!!
Na 'n kind wat van liefde en yoghurt oorleef het en nou nog doen is dit 'n aanpassing!
Die "blomme" (Niks mors nie want my kiddies eet BAIE appels!!)
Vir Moedersdag het die kinders by die skool vir ons voorskote gemaak - te pragtig, maar sal dit nooit ooit regtig kan gebruik om vet van my klere af te hou nie!!!
En ek het pajamas gekry en mooi stewels en ontbyt. Baie lekker daggie gehad.Ek en Sussie het gister 'n gesprek gehad. Ek verduidelik dat ons sagte hartjies moet hê, omdat Jesus ons so gemaak het en ons moet sag wees met mense om ons. Ons mag nie met ander kinders lelik wees of vir hulle sê hulle mag nie saam speel nie.
Gistermiddag het sy 'n gesprek met haar Ouma en sê vir haar: "Ouma, ek is besig om in te kleur en nie regtig lus om nou met jou te gesels nie. Maar ek het 'n glad hartjie en as jy regtig nog met my wil praat sal ek nog bietjie met jou gesels." Weet nie so mooi of daardie lessie suksesvol was nie, ne. Volgende sal ons werk aan takt....
Sy sê ook vir haar Ouma: "Ek het vir Storm weggehardloop, want hy wou my byt en toe hardloop ek in die hek vas. Maar dit is nie Storm se skuld nie, dis omdat hy 'n vier of 'n vyf rand hond is." As my ma-hulle maw 'n bietjie duurder hond gekoop het, sou hy nie teen hulle opgespring het nie!
Kyk laas week na foto's van 'n vriendin se seuntjie met sy boeties e skrum-keps op. My kind word saam met 'n sussie groot, so sy blootstellings verskil nogal heelwat!!
Sussie is mal daaroor om Boeta aan te trek....
En natuurlik kan sy kies waarin sy vir boeta aantrek...
Want sussie borsel tande en sussie stoot haar poppe in hierdie karretjie! Gelukkig is daar twee karretjies!!
As ek sê gaan trek gou ander klere aan dan was ons my kar is dit die resultaat!! Mensdom, ek het bedoel 'n ou broek en hemp wat maklik droog word!!
Dit is hoe "Met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan" lyk!
My prinsessie en haar Otto...
Sy het die laaste tyd 'n stapel boeke langs haar bed. AS sy oor naweke voor ons wakker is sit en lees sy hardop vir haarself stories. Ek het vir haar boekies gaan koop met kort sinnetjies en prenties. Sy sal baie maklik leer lees. Sy herken al klaar van die woordjies in Boeta se boeke. My meisiekind word groot en pragtig...
Boeta het laas week 'n hele paar middernagtelike rondloopsessies gehad. Gaan pak kombuiskaste uit 3uur in die oggend. Sit die sitkamer lig aan en af en aan en af 1uur in die oggend. Donderdagaand het Mamma genoeg gehad en begin pak uitdeel. Donderag-nag 4 keer pak gekry, Vrydag 3 keer, Saterdag 1 keer en laas nag deurgeslaap.
Van die bottel af - check!
Slaap deur - check! (Hoop dit hou, maar glo hy het nou die boodskap gekry.)Stel darem al belang in praat - herhaal meeste goed wat jy vir hom sê en maak dieregeluide na.