Dit is nogal 'n moeilike speletjie om twee kinders se hartjies op te pas... Naweek was Ouma-hulle hier vir boetie se verjaarsdag. Boetie kry geskenke, almal sing vir boetie, almal tel vir boetie op... Zellie raak al hoe stiller, verdwyn en ek kry haar in die sitkamer agter die bank met 'n bakkie vol koekies... Hoe probeer jy keer dat mense vir die oulike baba seuntjie al die aandag gee? Hoe keer jy dat jy te veel keer en hy nie die aandag kry wat hom toekom nie? Ons het vir Wihan vroeg geleer om op sy eie aan te gaan ter wille van oorlewing. Ek is baie alleen met hulle en hy moet kan sit en speel as ek kos maak, sussie se hare kam, grimering aansit ens. Sy was maar drie jaar oud toe hy gebore is en het vir seker haar stukkie aandag ook nodig. Hy is 'n maklike seuntjie en dit is nie 'n probleem nie. Oor die algemeen sal ons naweke sommer 'n matras op die grond gooi en dan cuddle ons al vier saam. Ons is so ingestel daarop dat Zellie nie uitgesluit voel nie, omdat ons bang is dat dit haar verhouding met Wihan kan skade aandoen. Wihan het uit die aard van die saak nie dieselfde hoeveelheid cuddle tyd wat Zellie gehad het nie, maar ek dink nie ons doen hom skade aan nie. Dit werk goed vir ons. Hulle is altwee gelukkig, speel 'n hond uit 'n bos uit en daar is geen jaloesie nie. In die aande maak ons beurte. Zellie by een in die bed en Wihan by die ander een. Ons hele lewe draai op die oomblik daarom om hulle altwee ewe gekoester te laat voel.
Wat doen jy as daar ander mense kom en jy sien jou dogtertjie ineenkrimp en wegkruip omdat sy nie meer die "een" is nie. Wel, as jy ek is, probeer jy intreë - jy vra hulle moet vir boetie neersit, hy is gewoond om self aan te gaan. (?) As jy in die winkel loop en Zellie vertel vir almal wat verbykom "hierdie is my ouma" en huppel met haar hand in ouma s'n dra jy maar eerder die oulike babatjie self en sê "nee, hy's reg hier by my" as die ouma hom wil vat... Dan lê jy in die nag wakker en wonder of jy besig is om droog te maak. Nou is dit maklik, boetie is dom en Zellie is nog klein en verstaan bitter baie mooi wat aangaan. Ek dink die speletjie gaan nog baie moeiliker raak. Later sien jy hoe sussie op die bank sit en blokkies bou saam met ouma. Ouma roep vir boetie en as hy naby kom skop sussie na hom... :-( Almal raas met sussie en die ogies raak troebel... Hierdie ma-wees ding is moeilik man. Ek wens ek kan in hulle hartjies inprent dat hulle almal ewe spesiaal is. As sy net kon onthou hoe daar oor haar gekloek is toe sy 'n babatjie was, né...
Die aand is al die mense huis toe en dit is net ons vier. Skielik speel sussie en boetie die gange vol. Hy lag uit sy magie uit vir sy sussie en hulle jil en gil en sy gee hom drukkies en vertel vir hom hoe cutiful hy is. Die hele naweek het dit gelyk of sy glad nie bewus is van hom nie. Asof sy hom heeltemal ignoreer. Ek wens mense kon die deel van hulle tweetjies sien wat ons sien. Wanneer daar nie kompetisie is nie en sy nie voel sy moet vir haar stukkie aandag veg nie. Wanneer hulle sommer net ontspan en boetie en sussie is. Dan raak my hart weer rustig en ek dink "Ons doen tog dinge reg..." Ek hoop regtig so...