Zellie het 'n teddie-hond wat ons vir haar gekoop het toe sy omtrent een was. Die hond gaan absoluut orals heen saam met haar. Was al drie keer by die see, in die wildtuin (meer as een keer), Pretoria, Klerksdorp - noem dit. Otto moes al met die koerier gepos word toe ons hom iewers vergeet het. Daardie hond het "mileage!" Hierdie foto is geneem toe sy hom seker net gekry het. Ek gaan more 'n foto by sit van hoe Otto nou lyk! Dit is basies nou 'n skroplap met 'n geskeurde pienk lint om die nek, maar hy is al teddie wat saak maak...