Saterdag 25 Junie 2011 - Wihan se partytjie begin 14:00 die middag. Tien maatjies is genooi (een dogtertjie! niemand het dogtertjies nie, ne?) en die voorspelde maksimum vir die dag is 10 grade! Kanselleer die springkasteel, hardloop die dorp vol en reël 'n "sandart" kit. Dit het toe heel goed afgeloop. Hy het sy partytjie baie geniet al was hy maar siekerig en die res van die dag mislik verby! Hy het tot saam met die groot maatjies rugby gespeel en 'n bloukol op sy kop gewen as bewys van deelname...
Die koek was baie mooi, maar so bietjie verkeerd om - kyk maar of julle kan sien wat ek bedoel!
My groot seun!
Die foto's is met 'n selfoonkamera geneem, omdat ons natuurlik kamera-probleme moet hê wanneer ons regtig foto's wil neem!!
Geluk my seun - dankie vir een jaar in ons lewens. Jy is pragtig.