Die foto geneem op Saterdag 28 Mei 2011.
Ons het twee dinge by die kleinkinders in ons familie geleer:
1. Soos julle kan sien is dit onmoontlik om al vyf kleinkinders op een slag by mekaar te hê.
2. En dit is onmoontlik om vier kinders (of selfs net meera s een kind!) te kry om gelyk na die kamera te kyk!
Zellie was omtrent twee jaar oud toe die volgende gediggie haar gunsteling was om vir haar oupa Japie (op daai stadium het sy hom nog baie liefdevol oupa Jampie genoem!) op te sê:
My Oupa het 'n bles kop
daar sit 'n vlieg daarop
ek gee die vlieg 'n harde hou (natuurlik met die nodige klap op die kop)
daar val my oupa flou (gevolg deur die nodige gegiggel)
Hoe wens ek nou ons het dit opgeneem. Ek glo nie ons het ooit daarby uitgekom nie...
Hoe vinnig vlieg die tyd. Kan nie glo dit is my ma en pa met hulle kleinkinders nie...