Wihan soen net sy Mamma op die mond! As Pappa vra vir 'n aah hou hy vir hom sy wang. As enigiemand anders vra vir 'n aah hou hy vir hulle die wang. As Mamma vra vir 'n aah kry sy 'n nat-oop-bek-vol-op-die-mond-soentjie!! Mamma se slim kind.
Hy raak nou te flippin oulik. Groei uit sy klere uit. Elke broek wat ek vir hom aantrek lyk soos 'n knie-broek. Klim die slide self. Raas en babbel, maar sê nog niks meer woorde nie. Hy sê darem al baba ook! Hy het laas week 'n ooginfeksie gehad. Eina. Omtrent gesukkel om daarvan ontslae te raak. Moes op die ou einde 'n voorskrif kry vir antibiotiese salf. Gelukkig lyk dit darem vandag of die salfies werk. Saam met die hou op die wang van self van die muurjtie af probeer klim het dit behoorlik gelyk of hy aangerand word. Dr du Plessis het amper van sy stoel af geval toe ons daar instap!! Ons wag maar op die sypaadjie vir die welsyn om hom te kom wegvat. Kan nou nie meer lank wees nie...