Fiefie en Potter

Fiefie en Potter

Wednesday, 11 April 2012

Skoolfoto's

Jolanda Strydom van Memoire Photographic Studio in Middelburg het die kinders se skoolfoto's geneem.  Dit is stunning!!











Tuesday, 10 April 2012

Parenting quotes

Ek kon nie kies watter quote om op my profile te sit nie.  Wil hierdie ook net graag hier op sit, want dit is soooo waar!!

You don't really understand human nature unless you know why a child on a merry-go-round will wave at his parents every time around - and why his parents will always wave back. ~William D. Tammeus
Always kiss your children goodnight - even if they're already asleep. ~H. Jackson Brown, Jr.

When you have brought up kids, there are memories you store directly in your tear ducts. ~Robert Brault

It's not only children who grow. Parents do too. As much as we watch to see what our children do with their lives, they are watching us to see what we do with ours. I can't tell my children to reach for the sun. All I can do is reach for it, myself. ~Joyce Maynard


Don't worry that children never listen to you; worry that they are always watching you. ~Robert Fulghum


Parents often talk about the younger generation as if they didn't have anything to do with it. ~Haim Ginott

It kills you to see them grow up. But I guess it would kill you quicker if they didn't. ~Barbara Kingsolver

If you want children to keep their feet on the ground, put some responsibility on their shoulders. ~Abigail Van Buren

Don't handicap your children by making their lives easy. ~Robert A. Heinlein

The beauty of "spacing" children many years apart lies in the fact that parents have time to learn the mistakes that were made with the older ones - which permits them to make exactly the opposite mistakes with the younger ones. ~Sydney J. Harris

Do not ask that your kids live up to your expectations. Let your kids be who they are, and your expectations will be in breathless pursuit. ~Robert Brault

A parent's love is whole no matter how many times divided. ~Robert Brault

Each day of our lives we make deposits in the memory banks of our children. ~Charles R. Swindoll

What a child doesn't receive he can seldom later give. ~P.D. James

If you want your children to improve, let them overhear the nice things you say about them to others. ~Haim Ginott

Children begin by loving their parents; as they grow older they judge them; sometimes they forgive them. ~Oscar Wilde

Kids spell love T-I-M-E. ~John Crudele

It's not like it was when I was growing up. My mom and my grandmother told me how it was going to be. If I didn't like it, they said, "Don't let the door hit you in the ass on your way out." Parents have to take better control. ~Charles Barkley
The hardest part of raising a child is teaching them to ride bicycles. A shaky child on a bicycle for the first time needs both support and freedom. The realization that this is what the child will always need can hit hard. ~Sloan Wilson

If I had my child to raise all over again,
I'd build self-esteem first, and the house later.
I'd finger-paint more, and point the finger less.
I would do less correcting and more connecting.
I'd take my eyes off my watch, and watch with my eyes.
I'd take more hikes and fly more kites.
I'd stop playing serious, and seriously play.
I would run through more fields and gaze at more stars.
I'd do more hugging and less tugging.
~Diane Loomans





Why God made Girls...

God made the world with its towering trees
Majestic mountains and restless seas
Then paused and said
"It needs one more thing -
someone soft to laugh and dance and sing
to wander the woods and gather the flowers
to commune with nature in quiet hours."

So God made little girls
With laughing eyes and bouncing curls
With joyful hearts and infectuous smiles
Enchanting ways and feminie wiles
And when He'd completed the task He'd begun
He was pleased and proud of the job He'd done

For the world, when seen through a little girl's eyes
Greatly resembles Paradise

Ek sit gisteraand weer my meisiekind so en kyk terwyl sy met 'n vriendin se baba speel.  Die handjies wat so saggies vat, die mondjie wat so koeël rond trek en die stemmetjie wat sing-sê "Ag, sy is te cutiful..."  Toe sy gisteraand moet gaan bad en uit die badkamer uit roep "Maar waar is my Boetie dan?!"  Toe ek vir Francois wys sy't 'n uitslag onder haar arms en magie en sy begin huil want "wat is dit in haar lyfie is?" 

My sagte kind met die klein hartjie en die ogies wat niks wegsteek nie!  Hoe leer jy haar om vir haarself op te staan sonder om te verander wie sy is...  Veral as wie sy is vir my so spesiaal is!

Mamma lief jou soos al die sterre aan die hemel en al die sand op die strand...  Ek is trots op jou... ek hoop nie ek vergeet ooit om dit vir jou te sê nie.  xxx 

Monday, 2 April 2012

Die belangrikheid van wat ons NIE sê nie...

Ek probeer die laaste tyd vir Sussie leer hoe om met grootmense te praat.  Luister wat hulle sê en antwoord wat hulle vra.  Moenie net aanhou praat en praat nie, gesels met hulle.  Sy't die manier om haar hele geskiedenis vir 'n vreemde persoon af te rammel en dit is nogal bietjie oorweldigend vir die arme oom of tannie wat gevra het wat haar naam is!!

Gister in Woolworths is daar 'n tannie voor ons in die ry en sy begin eers met Boeta speel (hy het 'n bottel handseep van die rak af gevat in Woolworths en agter sy rug in die stroller weggesteek - gelukkig het ons dit gesien!)  en toe met Sussie gesels: 
Tannie:  "Wat is jou naam?"
Sussie:  "Franzél Botha''
Tannie:  ''Hoe oud is jy?''
Sussie:  ''Vyf jaar oud.  My boetie is Wihan Botha, hy is een jaar oud."
Tannie:  "Gaan jy skool toe?''
Sussie:  "Ja.  Ek is in G****** en my juffrou is S*****.''
Tannie:  "Waar bly jy?'
Sussie:  ''Ek bly in M******straat."
Tannie:  "Jy moet mooi soet wees hoor.  Tatta."
Sussie:  "Jy moet 'n lekker daggie hê.  Tatta."
Baie oulik. 

Gisteraand gesels ons twee:
Mamma:  ''Ek was so trots op jou toe jy so mooi met die Tannie gesels het by die winkel."
Sussie:  "Wat het ek gesê?"
Mamma:  "Jy't mooi geluister wat sy vra en haar geantwoord en haar mooi gegroet toe sy jou groet."
Sussie:  "Ja, en ek het nie eers vir haar gesê ek gaan jou doodmaak, of ek gaan jou met 'n mes steek of ek gaan jou skiet nie."
(Nou is ek eers trots op jou.  Ek het nie besef dit is wat deur jou gedagtes gaan nie!)  Of is dit nou sarkasme - Mamma is seker trots omdat ek nie gesê het wat ek altyd sê nie??  Ek is mos 'n barbaar...

Boeta het ons hierdie naweek twee keer verstom.  Eers kyk ons The Beaver van Mel Gibson.  Dit gaan oor 'n man wat so erg aan depressie lei dat hy heeltemal ophou om met mense te praat en net deur 'n "hand-puppet'' met mense praat heeltemal met 'n ander stem. 
Ons kyk die fliek en Boeta is besig om die huis af te breek soos altyd.  Die volgende kom hy ingestap met sussie se "hand-puppet" oor sy handjie, kom sit tussen my en Pappa, druk die pop in Pappa se gesig en gesels.  Ons besluit niemand sal ons in elk geval glo nie.

Saterdagaand speel Francois-hulle met die Wii Tennis.  Boetie staan eers en maak of hy ook slaan soos hulle, storm uit en kom terug gestap met die tennis-raket.  Hy sien mos die mannetjies op die tv slaan die bal met hierdie ding! 

My slim seuntjie, stil seuntjie!  Wens net hy wil homself wees by die skool.  Hy het soveel potensiaal, maar kies om glad nie betrokke te wees nie...  Maar meer daaroor bietjie later.  Ek moet eers besluit hoe ek nou eintlik daaroor voel...

Monday, 26 March 2012

Dit is dis-gus-ting!

Ry nounet op pad van die skool af by 'n huis verby waar 'n hoender buite rondloop.

Zellie:  ''Ag Mamma, kyk die hoendertjie!''
Mamma:  ''Ag jitte.  Kom ons vang hom dan eet ons hom.''
Zellie:  ''Nee!  Ek sal al sy kieme kry!!''
Mamma:  ''Maar jy eet dan altyd hoender.''
Zellie:  ''Is nie!  Waar?''
Mamma:  ''Jy hou van hoender balletjies.''
Zellie:  ''O, ja.  Sulke hoender hou ek van.''
Mamma:  ''Nou kom ons vang hom dan maak ons hoender balletjies van hom?''
Zellie:  ''Mamma!  Dit is dis-gus-ting om hoendertjies wat rondloop en koekelekoe maak te vang en te eet!  Jy MAG dit NIE doen NIE!!''
Mamma:  ''Hou jy van skaaptjops?''
Zellie:  ''Ek gaan bitter kwaad wees as Pappa 'n skapie vang en tjops van hom maak!''

Hoe sê hulle... Ignorance is bliss!!

En nog 'n paar foto's net omdat ek kan!!


''Dis okay Mamma.  Ek gaan net vier slapies by Oupa en Ouma kuier!  Moenie te veel verlang en huil nie!''


Dis hoe Boeta vir Sussie boelie! Hy trek haar onderstebo en dan keer hy dat sy weer regop kom!


 

Sien ek kan smile vir foto's.  MAar net vir my Ma!


Die woorde wat jy die meeste hoor as jy twee kinders het is ''En nou my beurt!''

Friday, 23 March 2012

Dis lekker by die see

Aan die begin was Boeta maar bietjie vreemd in die nuwe huis en moes heeltyd by my wees!  Dit is al manier hoe ek kon skottelgoed was...

Sussa het vir Boeta leer smile...  wed julle kon dit nie sien nie!!

Aan die begin was ons maar skrikkerig vir die see en het eerder op die strand gesit en eet.

Sussa het die see, sand en water te veel geniet, selfs nadat sy met 'n bloublasie kennis gemaak het.

Na so dag of twee het Boeta begin mak raak en ondersoek instel na die nuwe omgewing.

Sussa het geswem soos 'n vis.

Uitsig uit ons woonstel uit.  Daardie strand daar onder is privaat en lieflik in die laat middag en aande.  Mense loop na donker nog daar rond en dis baie veilig.  Lieflik.

Dit is 'n jissie maar hierdie vis is lekker gesig.

Dit is hoe ek lyk nadat ek sussa se kos met die hamer geslaan het.

En dis hoe sussa lyk nadat ek haark os met die hamer geslaan het...

Die maan oor die see vanaf ons stoepie.

Sonsopkoms... met kinders sien jy nogal die son op kom!

Hier het ons eers ons eie klein poeletjie gegrou vir boeta om in te swem.  Hy was te bang vir die golwe.



Toe ontdek ons daar is rotse om te klim.  Almal was verbaas oor hoe goed hy klim en klouter vir sy ouderdom.

Hierdie see ding maak 'n mens dood moeg.

Maatjies en Ushaka.

Boeta grou self sy gat bietjie dieper.

Net na hierdie foto het 'n golf oom WJ omgeslaan en hy moes so keer vir die kinders dat hy self op 'n rots beland het.

Dis mos nou ingerig of hoe! Wat meer wil mens he.

Bye-bye see.  Sien jou volgende jaar weer!

Boeta se eerste kampnaweek!!

 Die karavaan was vir die Bothas die coolste ding wat hulle nog gesien het!  En geen poging is aangewend om dit weg te steek nie.

As mens na die alternatief en waaraan hulle gewoond is kyk, is dit geen wonder nie...


Party van ons het bietjie explore...

Daar is kos gemaak...

Party van ons het geëet...

Terwyl ander van ons gemaak het of hulle eet...

Daar is bietjie gerus en ontspan...


En daar is BAIE in die stof gespeel!!

Klink perfek, ne!

Kersfees

Sussie het gedink Kersvader is die beste ding wat nog ooit met haar gebeur het.

Boetie het gedink dit is die ergste ding wat nog ooit met hom gebeur het!!

Maar die geskenke was cool.  Ek sal dit hou, dankie!

Foto Tsunami

Terwyl ek nou die see foto's aflaai ontdek ek dat ek nog nooit foto's van ons kampnaweek en sussie se verjaarsdagpartytjie gelaai het nie.  Maak reg vir 'n oordosis foto's!!

En ek is terug.... uiteindelik!

Die laaste maand of wat was lekker besig, lekker deurmekaar en lekker lekker!  Ons is pas terug van verlof af en het 'n heerlike twee weke by die see gehad.  Ek sal die foto's oor die naweek aflaai en opsit, vir nou net 'n vinnige update.

Sussie het deesdae 'n verskriklike fassinasie met twee dinge:  Vreemdelinge en die dood.

Dit het vanselfsprekend nou al gely tot enkele komiese, verskeie histeriese en ontelbare skaamkry oomblikke.  (Ek besef skielik dat ek nie kan spel nie... te lank op die strand gesit met my tone in die sand...)

By die see het sy ons ewe trots meegedeel dat vreemdelinge mense is met swart klere en hoede en dat mens moet skreeu en hardloop as hulle naby kom.  Nou ja, daar is 'n hele paar tekortkominge in hierdie definisie so ons het ons ouerlike plig gedoen en die prentjie bietjie begin inkleur:

Mamma:  Vreemdelinge is enige mens wat jy nie ken nie.  Hy gaan net soos die mense lyk wat jy ken, maar jy gaan nie sy naam ken nie.
Zellie:  Mense met kinders is nie vreemdelinge nie.
Mamma:  Ja, mense met kinders is vreemdelinge as jy nie hulle name ken nie.
Zellie:  Nou maar hoekom gee Liewe Jesus dan vir vreemdelinge kinders?

Die hekwag was vanselfsprekend 'n vreemdeling en is die res van die vakansie gegroet met ''Hello vreemdeling''.  Ons het een lekker gevalletjie gehad waar sy in die Spar vir 'n oom weggehardloop het terwyl sy kliphard gil ''Help, vreemdeling!!!''

As Francois met haar raas oor iets sê sy vir hom:  ''Ek gaan in die winkel vir jou weghardloop en hard skreeu Vreemdeling dat die polisie jou kom vang.''

Die laaste tyd het sy my begin uitvra oor hoekom ek nie ook 'n Oupa het soos Pappa nie.  Ek het verduidelik dat altwee my Oupas en my een Ouma en een van Pappa se Oupas en een van sy Oumas oorlede is.  Natuurlik wou sy weet hoekom en ek het gesê hulle het oud geword.  FOUT!!!

Ons gaan na Ouma Grietjie toe Maandag en Franzél sien haar geleentheid.  Sy gaan staan styf teen Ouma se been en kyk so ewe versigtig rond voor sy vra:  ''Ouma Grietjie.  Jy is al baie oud, ne.  En as mens oud word, gaan jy dood.''  Ek het nie geweet waar om my kop in te steek nie.  In die eerste plek verstaan sy nie dat die dood permanent is nie.  Sy dink jy word weer gesond.  In die tweede plek verstaan sy nie dat enige iemand kan doodgaan nie, want ek wil nie onnodige vrese in haar koppie sit nie.

Op pad huis toe preek ek maar oor hoedat ons nie weet wanneer ons gaan doodgaan nie en dat net Liewe Jesus besluit om ons te kom haal. En dan gaan ons na Hom toe en dit is 'n baie lekker plek om te wees.

Gister gaan haal ek haar by die skool en die eerste sinnetjie is:
Zellie:  Mamma, kyk hier by my been het ek al begin oud word.
Mamma:  Nee, man.  Jy is nog sommer 'n baba!
Zellie:  Nee man, kyk hier is ek al bietjie oud.  (Dit is 'n geboortemerk waarna sy wys!)
Zellie:  Yes, ek kan nie wag om oud te word nie, want dan sien ek vir Liewe Jesus!!!!!  (Die stemmetjie is doodopgewonde asof sy op pad is Wimpy toe!)
Mamma:  Ja, dis lekker by Liewe Jesus.  Dit is hoekom ons van Hom moet leer en na Sy Woord luister sodat ons eendag by Hom kan wees.
Zellie:  Maar Mamma hoe lyk Liewe Jesus?
Mamma:  Niemand weet hoe Hy lyk nie, my skat.
Zellie:  Maar Mamma, dan is Hy mos eintlik 'n vreemdeling???!!!

Ek gee op.  Ek gaan so waar as wat ek op hierdie stoel agter hierdie rekenaar sit nie daardie kind leer van enige bytjie of blommetjie nie!! 

Boeta raak nou te flippin opvreetbaar oulik.  Hy begin uiteindelik regtig herhaal wat jy vir hom sê en die woordjies kom nou vinniger by as wat ek hulle kan neerskryf.  Hy is nog totaal stom voor vreemde mense en weier om met enige iemand by die skool te praat.  As ons in die aand bad hou hy sy beentjies in die lig en sê ''was voete''.  Alles is ''uitklim.''  As hy wil hê ek moet hom optel of as hy uit die karstoel wil kom of as hy nie 'n baadjie wil aan hê nie is ''uitklim'' die woord om te sê.  Hy sê ''sussie'' nou heeltemal duidelik en roep haar as hy haar nie kan sien nie.  Hy sê ''einaaaaa'' so laaaaank uitgerek.  Hy steek my met die vurk en dan sê hy ''einaaaa!!''  As hy en sy Pappa gesels is dit heeltyd ''Pappa baba, Pappa baba.''

Hy stel baie belang in die potjie en wys vir jou om sy broek uit te trek en gaan sit op die potjie, maar hy verstaan nie heeltemal wat hy moet doen nie.  Gisteroggend het hy opgestaan, gesê klaar en op my vloer gebollie!!!  Ieeeuw!  As hy wil piepie wys hy vir jou jy moet sy doek uittrek, trek sy mondjie so rond en sê sy weergawe van ''ieeuw''.  As hy gebollie het lyk dit behoorlik of hy gaan siek wees soos hy die gesiggie en mondjie trek!

Belowe ek sal foto's laai sodra ek rustig raak.  Vandag moet ek eers bietjie werk doen!!